Metaalaap (astrologie)

庚申

Die Metaalaap (庚申, gēngshēn) is die 57ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die sewende Hemelstam (庚, gēng; die element Metaal en Jang) met die negende Aardtak (申, shēn), gesimboliseer deur die Aap (猴, hóu).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Metaalaapjaar het in 1980 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 16 Februarie 1980 tot 4 Februarie 1981.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy